"Wil net baie dankie sê namens
my familie en vriende vir n wonderlike tyd by Kam'Bati die afgelope naweek.Die
geriewe is puik en ons het ons self terdee geniet. Die cherry op die koek was
die ou grote wat ek gevang het.Ek het hom maar weer mooi terug gesit in die rivier
vir die volgende hengelaar. Man dit was n fees en ons sal beslis weer kom kuier."